Karl XV van Swede

Karl XV & IV
Koning van Swede en Noorweë
Foto deur Mathias Hansen, omstreeks 1865.
Foto deur Mathias Hansen, omstreeks 1865.
Bewind 8 Julie 1859 - 18 September 1872
Voorganger Oscar I
Opvolger Oscar II
Volle naam Carl Ludvig Eugen
Huis Bernadotte
Gebore (1826-05-03)3 Mei 1826
Stockholm
Oorlede 18 September 1872 (op 46)
Malmö
Eggenote Louise van Nederland
Kinders Louise, Carl
Vader Oscar I
Moeder Josephine van Leuchtenberg

Karl XV of Karel XV (Carl Ludvig Eugen; 3 Mei 1826 - 18 September 1872) was van 1859 tot met sy dood in 1872 koning van Swede en Noorweë. In laasgenoemde land word hy dikwels korrek Karl IV genoem. Hoewel hy in Swede as Karl XV bekend is,[1] was hy eintlik die negende Sweedse koning met dié naam, want een van sy voorgangers, Karl IX (bewind: 1604-1611), het die syfer agter sy naam geskoei op 'n fiktiewe geskiedenis van Swede.[2]

Karl XV was die derde Sweedse monarg van die Huis van Bernadotte en die eerste een wat in Swede gebore is.

  1. Voorbeeld
  2. Artikel Karl in Nordisk familjebok

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne